Eksodus (Bybel)

Hierdie artikel handel oor die tweede boek van die Tora en die Ou Testament. Vir die oorsprongsmite van die Israeliete sien Eksodus (uittog).
Moses, Aäron en die Farao
Moses met die Tien Gebooie

Eksodus (Grieks: Εξοδος = uittog; Hebreeus: שמות sjemot = naam; Exodus gespel in die ou Afrikaanse Bybelvertaling) is die tweede boek van die Hebreeuse Bybel. Die boek vertel van die uittog van Jakob se nageslag uit Egipte onder leiding van Moses en Aäron. God het sy volk gered uit die mag van die farao, soos die Egiptiese konings genoem is.

Die boek begin met die sin:

Hier volg die name van die Israeliete wat saam met Jakob na Egipte toe gekom het, elkeen met sy gesin: Ruben, Simeon, Levi en Juda, Issakar, Sebulon en Benjamin; Dan, Naftali, Gad en Aser.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search